Theron`s se Ham reeks Archives - Therons Vleisprodukte
Currently browsing category

Theron`s se Ham reeks

Theron`s Vleisprodukte is alombekend vir ons 100% suiwer varkvleis toebroodjieham, waarvan die resep onveranderd is sedert 1983! Alle ham produkte word vervaardig van maer varkvleis snitte en gepreserveer deur sout en kookmetodes. Sommige ham soorte word ook houtgerook op die tradisionele manier vir ekstra geur en langer rak lewe. Tradisioneel word ham gemaak van die varkboud, vandaar die naam wat verwys na die spesifieke snit. Theron`s maak `n wye verskeidenheid hamsoorte, waarvan Hickory Ham `n besliste gunsteling is.

Theron`s Toebroodjie Ham

Theron`s se toebroodjieham is een van ons vlagskip produkte en die resep is al vir 33 jaar onveranderd! Theron`s se toebroodjieham word …

Theron`s Pizza Ham

Theron`s se Pizza ham word vervaardig van maer varkvleis, het `n lae vetinhoud en is bekostigbare gehalte vir gebruik in grootmaat op …

Theron`s Piekniek Ham

Theron`s se piekniekham word vervaardig van maer varkvleis en word gaargestoom en gerook om ekstra geur aan die produk te verleen.

Theron`s Kontinentale Ham

Theron`s se Kontinentale Ham word van die ekstra maer varkboudsnit vervaardig en gaargestoom tot `n sagte en sappige hamsnit.

Theron`s Hickory Ham

Theron`s Hickory Ham word vervaardig van die maer varkboudsnit en gaargestoom en gerook vir ekstra geur.

Theron`s Gerpersde Tong

Theron`s vervaardig tradisionele beestong vir die smulpape, wat graag nostalgiese geregte wil optower in die kombuis.

Theron`s Gekookte Ham

Theron`s Gekookte Ham word gemaak van maer varkboudvleis, gesout en gaargestoom tot perfeksie.

Theron`s Geglasuurde Ham

Theron`s vervaardig geglasuurde Ham op versoek van klante tydens die kersgety en paasfees periodes in die jaar.

error: Content is protected !!