Vleisprodukte van Theron's

Theron’s Vleisprodukte

 

KWALITEIT Verwerkte Vleisprodukte 

WARE FABRIEKSPRYSE DIREK aan U Jan Publiek!

Theron`s Vleisprodukte is sedert 1983 `n alombekende , vleisverwerkings fabriek in Pretoria Wes. Hier spesialiseer ons in die verwerking van kwaliteit vleis – en verwante produkte.  Theron`s Vleisprodukte lewer Kwaliteit Produkte aan verskeie Groothandel – en Kleinhandel besighede.

Fabriekswinkel-ure :

Maandag tot Vrydag 07h00 tot 17h00 &

Saterdae 08h00 tot 13h00

Sedert 1995 is Jan Alleman ook ingesluit daarby om by ons Fabriekswinkel geleë in Charlotte Maxeke straat no 185, van Theron`s se BEROEMDE KWALITEIT VLEISPRODUKTE teen WARE GROOTHANDELPRYSE aankope te kom doen!

Theron`s Vleis is beslis die IN-PLEK om te wees vir die GELDSLIM verbruiker!
Hier kan `n mens nog `n braaibederfie, kosblik snoepgoed en benodighede vir gehalte etes aankoop teen GAWE pryse! Hier vind jou vuisvoos verbruikerslyf rus ,en die personeel se flink en vriendelike diens, dien as welkome lafenis vir die mismoedige siel. Theron`s dra gewis by tot `n beter leefstyl as dit kom by voedselprys besparings. Kom loer gerus in by ons fabriekswinkel, VIR UITSONDERLIKE DIENS, KWALITEIT EN KOSTEBESPARINGS!

Theron`s Vleisprodukte is bekend vir tradisioneel houtgerookte produkte soos: murgsagte Braairibbetjies, dekadente Kassler tjoppies, sowel as `n reeks wors produkte wat Theron`s se Beroemde Boerewors, Russiese worsies, Bockwurst, Bacon worsies en Weense worsies insluit. By Theron`s kan jy met vertroue 100% Suiwer Beesvleis Hamburger patties en `n groot verskeidenheid gehalte koue vleise aankoop.

By Therons Vleisprodukte fokus ons om met integriteit handel te dryf. Theron`s se  vleisverwerkingsaanleg spog met die nuutste toerusting, tegnologie en higiëne standaarde en protokolle wat ten alle tye gehandhaaf word. Elke lid in “Team Theron” werk saam en is trots op die uitsonderlike gehalte en higiëne waarvoor ons handelsmerk bekend is!

 

error: Content is protected !!