Hoe om te Bespaar
Theron`s Vleiprodukte is al bekend in Pretoria vir kwaliteit produkte teen ware fabriekspryse
Ons by Theron`s vind dienslewering op uitsonderlike vlak aan kliënte natuurlik baie opwindend!
In `n onderhoud met Heinrich Marnitz op radio Pretoria oor die onderwerp van bekostigbare voedselpryse in 2011, het interessante feite oor kosprysvasstelling na vore gekom:
Heinrich: “Waarom dink jy het Jan Publiek so `n oorweldigende positiewe reaksie op Theron`s se kouevleis produkte?”
Sonja-Liezel: “Heinrich, die mense sê vir my, hulle voel sommer van die begin af welkom, en nie net nog `n nommer nie. Ons lewe in `n samelewing waar mense nie meer tyd het vir mekaar nie. Soms weet jy nie eers wat jou buurman se van is nie!”
Heinrich: “Hoe kry julle dit reg?”
Sonja-Liezel: “Vir beide my en Dawie is persoonlike aandag, diens , en die vervaardiging van uitsonderlike produkte , `n passie. Mense voel onmiddelik aan wanneer `n mens eg is.
Hier maak ons tyd om so ver moontlik met elke klient te gesels, en te hoor wat sy of haar behoefte is.”
Heinrich: “Is dit nie moeilik om hierdie diens konsekwent te handhaaf nie?”
Sonja-Liezel: “Heinrich, jy weet, niks wat uitsonderlik in die lewe is kom maklik nie! Ek glo natuurlik dit het baie te doen met die bestuur van `n besigheid, en veral die eienaar self. Jy as besigheidsman, gee leiding aan jou werknemers.
Hulle kyk op na jou, en doen wat jy doen. Persoonlike aandag, en produkte wat uitstaan en hulle onderskei van die res, is vir Dawie van uiterste belang. Hyself gesels met kliënte, en is selfs 3 Saterdae uit `n maand teenwoordig in die winkel, en reg om enige kliënt te help.”
Heinrich: “Wat is die belangrikste behoeftes waarmee kliënte na julle toe kom?”
Sonja-Liezel: “Die heel belangrikste behoefte, is om die beste moontlike kwaliteit produk teen `n bekostigbare prys te koop. Die verbruiker is al vuisvoos vir die stygende kospryse wat hulle net eenvoudig moet absorbeer.
Wanneer hulle met hulle eie oë sien dat hulle konsekwent tussen 50 tot 65% op aankope bespaar deur direk by ons fabriekswinkel aan te koop, kry hulle vertroue in ons.”
Heinrich: “Spaar die verbruiker werklik so baie deur direk by julle aan te koop?”
Sonja-Liezel: “Definitief Heinrich. Ek het selfs Sondag in die koerant advertensies vir verwerkte kouevleise gesien, waar die produk tot my stomme verbasing, na afslag steeds 30% duurder as ons produk is. EN die kwaliteit is BESLIS nie beter nie!”
Tussen 50 tot 65% op aankope bespaar deur direk by ons fabriekswinkel aan te koop, kry hulle vertroue in ons.”
Heinrich: “Waarom styg kospryse eerste, wanneer die ekonomie verslap?”
Sonja-Liezel: “Dit is `n moeilike vraag, en ek wil nou nie op tone trap nie, maar dit werk min of meer soos volg:
Die rand begin te tuimel, petrol gaan op, invoer kostes verhoog, en dan sit ons nog met die liewe elektrisiteit debakel. Ons by Theron`s se elektrisiteits rekening het die afgelope 2 jaar verdriedubbel! En ons munisipalitiete kom eenvoudig weg daarmee!
Vervaardigers, en die groot verspreiders verhoog byna dadelik pryse, baie keer nog voor hulself vir die rou produk meer betaal.
Dan moet jy ook onthou droogte geteisterde gebiede lewer dalk `n misoes of natuurrampe keer goeie oeste en die vraag oorskry dan aansienlik die aanbod van komoditeite soos mielies en koring en voere. Dit spiraal natuurlik na die styging in vleispryse want die boer het baie meer insetkostes gehad as wat op die oogaf oor nagedink word.”
Siektes wat onder vee uitbreek veroorsaak ook `n tekort in aanbod en ons almal weet tog wanneer vraag aanbod oorskry word die mark lelik deurmekaar gekrap!”
Heinrich: “Hoekom?”
Sonja-Liezel: “Ek persoonlik dink, die groot maatskappye se produkreekse, en bestuurstruktuur is te groot. Dit is makliker om die enorme reeks produkte deur die bank met `n algemene persentasie te verhoog, as om eers die ware toedrag van sake te meet, en dan slegs die toepaslike verhogings deur te gee. Groot verspreiders is ook minder geneë om prysverhogings te absorbeer.”
Heinrich: “Wat maak Theron`s anders?”
Sonja-Liezel: “Ons is `n privaat besigheid, en Dawie het elke dag self beheer oor aankope. Daar word deeglike vooruitskattings van voorraad aankope gemaak. Beplanning word ten minste 3 maande vooruit gedoen,met die gevolg, dat ons voorbereid is op skielike prysstygings.”
Heinrich: “Wat jy dus sê, is as die rand skielik verswak, het julle reeds 3 maande se voorraad teen `n vasgestelde prys aangekoop?”
Sonja-Liezel: “Korrek, maar jy moet ook onthou, prysstygings is nie elke keer op elke liewe produk wat jy aankoop nie. Daarom is dit belangrik om te bereken WATTER produkte betrokke is, en dan slegs op die toepaslike produkte pryse te verhoog, indien die situasie nie na 3maande verbeter nie.”
Heinrich: “Daar het julle dit. Theron`s Vleisprodukte verbind hulle daartoe, om met groot omsigtigheid, te alle tye, die bes moontlike produk, en prys, aan u Jan Publiek te lewer!
Baie dankie Sonja-Liezel, jy het vir ons `n baie interessante kykie in die kosprys bepalings tameletjie gegee!”
Sonja-Liezel: “Dit is `n groot plesier Heinrich.”