Ware Fabriekswinkel Pryse direk aan U Jan Publiek!

Fabriekswinkel

 

 

Theron`s – Beslis die IN-PLEK vir die GELDSLIM verbruiker!

In 2023 het die Therons Vleisprodukte Span, 40jaar in die vleisverwerkings bedryf gevier. Baie water het die afgelope 41jaar in die see geloop. Suksesse het op vele uitdagings en probeerslae gevolg. Mislukkings was daar ook, tog het elke vreugde en oorwinning wat ons as span behaal het, die skaal laat kantel na n STEWIGE landingstrook. In 2024 bevind ons as “Team Theron” ons op stewige grond. Ons woeker en werk met oorgawe en standvastige geloof dat ons `n verantwoordeliheid het teenoor ons verbruikers, vriende, ondersteuners, mede landsburgers en familie. Ons is dankbaarheid en nederigheid vir hierdie besigheid. Hierdie platform vanwaar ons u elkeen kan dien, is ons trots en roeping!

Besoek gerus ons Fabriekswinkel vir gehalte Theron`s Vleisprodukte @ WARE FABRIEKSPRYSE DIREK aan U Jan Publiek! Sedert 1995 is lede van die publiek welkom om DIREK AAN TE KOOP by Theron`s Vleisproduktese landmerk fabriekswinkel naby die Pretoria Skougronde. By die fabriekswinkel kan `n mens nog `n braaibederfie, kosblik snoepgoed en benodighede vir gehalte etes aankoop teen GAWE pryse!

Hier vind jou vuisvoos verbruikerslyf rus ,en die personeel se flink en vriendelike diens, dien as welkome lafenis vir die mismoedige siel.

Theron`s dra gewis by tot `n beter leefstyl as dit kom by voedselprys besparings, en is  ALOMBEKEND in Pretoria vir tradisioneel houtgerookte produkte soos: murgsagte braairibbetjies, dekadente Kassler tjoppies, sowel as `n reeks wors produkte wat Theron`s se beroemde Boerewors, Russiese worsies, Bockwurst, Bacon worsies en Weense worsies insluit.

Om ons besigheid met integriteit te bestuur en persoonlike diens aan u; ons gewaardeerde klant te lewer , is ons absolute fokus ! Kom loer gerus in by ons fabriekswinkel vir; UITSONDERLIKE DIENS, KWALITEIT EN KOSTEBESPARINGS!

Winkel-ure : Maandag tot Vrydag 07h00 tot 17h00 Saterdae 08h00 tot 13h00

 

error: Content is protected !!