Top tien wenke vir algehele gesondheid - Therons

Top tien wenke vir algehele gesondheid

TOP TIEN wenke, om jou gesondheid te bevorder

1.)  Ontbyt is VERSKRIKLIK belangrik! Jou liggaam het energie nodig, na `n lang nagrus.

Voedsel wat hoog in Lae GI Koolhidrate is, is die beste keuse vir ontbyt.

  • Voorbeelde: Volgraan, of die “swaarder” gesondheidsbrood, wat nou in alle supermarkte beskikbaar is.
  • Ontbyt graankos. (lae GI en GEEN bygevoegde suiker nie. Weatbix, muesli, hawermout pap, maltabella)
  • Vrugte: Sagte vrugte soos perskes, spanspek, piesang, appels, ens is gewoonlik die beste.
  • Deur maaltye oor te slaan, dra jy by tot honger wat buite beheer raak. Dit lei natuurlik later in die dag tot ooreet.
  • Die oorslaan van ontbyt, dra by tot konsentrasie probleme, veral by skoolgaande kinders, en mense met `n hoë profiel, of stressvolle werk.

2.)  GENIET jou kos

Probeer om elke dag, `n verskeidenheid voedsel uit die verskillende  voedselgroepe te eet.

Deel kos met familie en vriende. Maaltye is `n sosiale geleentheid, en sosiale interaksie laat `n mens goed voel.

3.)  Eet baie verskillende soorte voedsel

`n Verskeidenheid voedsel, uit die verskillende voedselgroepe, is die wenresep vir goeie gesondheid. Jy benodig 40 verskillende vitamienes en minerale vir goeie gesondheid, en daar is nie een voedselsoort, wat in alle behoeftes kan voorsien nie. Daar is nie “goeie” of  “slegte” kosse in hulle natuurlike vorm nie, dus hoef jy nie kosse wat jy geniet op te gee nie.

Vind die balans, en maak die regte koskeuses.

4.)  Maak die basis van jou voedsel Koolhidrate

Hierdie voedselgroep voorsien die nodige energie, vitamienes en minerale. Voedsel wat hoog is in koolhidrate is, bruin pasta, brood, graankos, groente en vrugte.

Probeer om hierdie voedselgroep by elke maaltyd in te sluit, aangesien die helfte van die kalorieë wat jy in jou dieët benodig, uit hierdie voedselgroep moet kom.

5.)  Eet groente en vrugte, met elke maaltyd

Geniet groente en vrugte by elke maaltyd, en gebruik dit as smaaklike peuselhappies tussen maaltye. Hierdie voedselgroep voorsien, vitamienes, minerale, en die nodige vesel vir dermgesondheid. Probeer om ten minste 5 porsies, uit die voedselgroep, by jou dieët in te sluit.

6.)  Die feite oor vette

Gesonde vette is belangrik in die menslike dieët. Te veel versadigde vette (“saturated fat”) is sleg vir jou gesondheid. Versadigde vette word gevind in volroom suiwel produkte, verwerkte of verfynde voedsel, pasteie, fyngebak, vetterige wegneem etes, en verwerkte vleis.

( Nie alle verwerkte vleis het egter `n hoë vetinhoud nie. Lees die etikette vir vet persentasies.) Probeer om jou maaltye te balanseer. Indien jy `n hoë vet maaltyd vir  middag ete eet, balanseer dit met `n lae vet aand ete uit.

7.)  Gesonde peuselhappies

Peuselhappies help vir volgehoue energie deur die dag, en verskaf noodsaaklike voedingstowwe. Kies gesonde peuselhappies soos; biltong, gedroogde vrugte, harde kase (minder vet), hoë vesel beskuitjies, neute en, vrugte.

8.)  Drink genoeg water

Jy het nodig om genoeg water deur die dag in te neem, aangesien die helfte van jou liggaam uit water bestaan. Baie maal is die gevoel van honger, eintlik jou liggaam se manier om vir jou tesê, hy is dors.

Ontwatering lei tot swak konsentrasie. Ten minste 6 glase water word daagliks benodig. Wanneer jy oefen, of wanneer dit `n warm dag is, benodig jou liggaam meer as 6 glase water per dag.

9.)  Versorg jou tande

Versorg jou tande, deur dit ten minste 2 x per dag te borsel. Soggens en saans. Vlos elke dag, om te voorkom dat suikers en stysel, jou tandvleise beskadig. Stysel en suikers, speel `n baie groot rol, in slegte tande en tandvleis.

Vrugtesappe, het `n hoë suiker inhoud, asook sure wat jou tande beskadig. Spoel altyd jou mond met water uit, nadat jy vrugtesap gedrink het. Ekself verdun vrugtesap met die helfte sap, en helfte water per glas.

10.) Oefen

Om fiks te wees, is baie belangrik vir `n gesonde hart, en `n gesonde beensruktuur. Probeer elke dag om vir ten minste 20 minute jou hartklop te verhoog. Doen `n oefening waarvan jy hou, die kans is dan groter dat  jy sal aanhou daarmee. Stap teen `n vinnige pas met jou hond. Swem, speel tennis, dans, gaan na `n gymnasium ( jy maak dalk sommer nuwe vriende ook! )

Deur te veel kalorieë deur die dag in te neem, en dit nie te laat uitbalanseer deur energie uitset nie, stel jy jouself bloot vir gewigstoename. Matige oefening help om ekstra kalorieë te verbrand. Jy het nie nodig om `n atleet te wees, om aan die beweeg te kom nie!

Kopiereg: S Theron

error: Content is protected !!