Theron`s Vleisprodukte bied hierdie Lente die beste "entstof" teen bitterbek tye. Met Theron`s se BEROEMDE BOEREWORS BONANZA, kan jy heel maand Braai! Kom maak `n draai op 2,3 en 4 SEptember 2021!
Nooi lekker mense, hartsmense – vergeet van knorpotte
Besoek Theron`s vir KWALITEIT PRODUKTE TEEN WARE FABRIEKSPRYSE
Ondersteun ondernemings in jou kontrei en kies `n piekniek of braaiplek naby jou vir `n onvergeetlike braai – Theron`s braai dié jaar by Nkwe-natuur reservaat in Lynnwoodweg.
Bly weg van gevaarlike vuurmaak produkte – bly by die veilige beproefde vuurhoutjies en kole (Ook verkrygbaar by Theron`s)
Betrek die kinders – Ons erfenis is hulle toekoms
Ma`s , meisies en ouma`s kan ook braai – gee hulle `n kans om hul staal te wys
Gebruik net die beste kwaliteit en waak daarteen om jou vleis se smaak “dood” te maak met hope speserye en marinade konkoksies!
Sorg vir vingerhappies van formaat om die ergste honger te stil voor die hoofgereg opgedien word. (Theron`s bacon worsies of kase grillers is `n groot gunsteling!)
Onthou – braai is een van die gesondste gaarmaak metodes vir vleis, alle vet drup uit – Theron`s braairibbetjie en kassler tjoppies is laag in vet (Definitief die gesonder keuse)
Maak `n regte houtvuur – In die woorde van Jan braai: “ ‘n Gas is die persoon wat genooi word na jou braai, nie iets waarmee jy braai nie.
Onthou – braai is een van die gesondste gaarmaak metodes vir vleis, alle vet drup uit.