Theron`s Russiese Worsies - Therons Vleisprodukte

Theron`s Russiese Worsies

Theron`s se Russiese worsie  reeks is een van ons 5 Vlagskip reekse. In die jare negentig het die geprossesseerde vleisindustrie begin om goedkoop russiese worsies vir die lae-inkomste mark te vervaardig. Theron`s Vleisprodukte as maatskappy het besluit om nie die roete te volg nie, aangesien ons CREDO is om KWALITEIT PRODUKTE te vervaardig teen bekostigbare pryse. Om kwaliteit in te boet ten einde `n groter mark te dek was nie `n opsie nie. Hierdie besluit was opsigself `n langtermynbelegging in ons produk, sowel as ons lojale kliënte basis! Vandag is Theron`s Vleisprodukte wyd en Suid bekend vir die hoogstaande gehalte van ons Russiese worsie-reeks!

Die insinking in die ekonomie sedert die jaar 2008 het die behoefte vir `n meer bekostigbare produk, weer op die voorgrond gedwing. Ons eienaar: Mnr Dawie Theron het besluit om die bul by die horings te pak en die uitdaging van `n meer bekostigbare produk, sonder afgradering van kwaliteit, die hoof te bied. Sonder om die resep of vleisinhoud te verander het hy saam met sy span voedseltegnoloë, beter gaarmaakmetodes gevind en Mnandi Russiese worsies is gebôre! (Mnandi beteken: “lekker”) Theron`s se kliënte het hierdie produk opgeraap en verkope groei by die dag!

Theron`s se reeks Russiese worsies kom in `n verskeidenheid verpakkings voor wat 1kg, 2kg, 5kg, en 5kg los verpakkings insluit.

Die volgende Russiese worsie reeks is beskikbaar:

  • Theron`s Kontinentale Russiese worsies
  • Theron`s Gerookte Russiese worsies
  • Theron`s Hoender Russiese worsies
  • Theron`s Kaas Russiese worsies
  • Theron`s Chilli Russiese worsies
  • Theron`s Wild Russiese worsies
  • Theron`s MNANDI Russiese worsies
  • Theron`s Cocktail Russiese worsies
error: Content is protected !!