Theron`s maak `n verskil in die gemeenskap - Therons

Theron`s maak `n verskil in die gemeenskap

Theron`s Vleisprodukte is `n vleisverwerkings fabriek in Pretoria Wes wat fokus op die vervaardiging van `n wyse reeks vleisprodukte.

Die sukses van hierdie besonderse besigheid word grootliks toegeskryf aan die bestuur se passie vir mense en die gemeenskap. Die maatskappy se visie van sosiale verantwoordbaarheid .

Die besigheid word al vir die afgelope 29jaar as `n familiebesigheid bedryf en elke personeellid word as deel van die “gesin” gesien.

Die FOKUS van die Maatskappy is : KWALITEIT PRODUKTE TEEN WARE FABRIEKSPRYSE.

Hoewel Theron`s se groothandel kliënte `n baie gesonde basis van inkomste skep, het die uitvoerende bestuurder Mnr Dawie Theron in 1995 besluit om hierdie besparing aan die breë publiek deur te gee.

Die publiek kon nou ook die voordeel trek van Theron`s se uitsonderlike kwaliteit en diens teen WARE FABRIEKSPRYSE!

In die begin jare van die “fabriekswinkel” word die administratiewe kantoor gebruik vir die plaas van bestellings deur die publiek en ook as kontant ontvangskantoor, waarna die klant sy produkte by versending afhaal. In November 2009 word die “nuwe” fabriekswinkel geopen en nou kan die publiek  instap en uitsonderlike gehalte produkte direk van die rakke koop teen WARE fabriekspryse.

Sedert die ontstaan van die fabriekswinkel ondersteun Theron`s Vleisprodukte kleinsake ondernemings en entrepeneurs wat van hulle produkte gebruik maak by kosstalletjies en klein verspreidings netwerke na afgeleë nedersettings. Theron`s bedien reeds gewaardeerde entrepeneurs wat van ons produkte gebruik maak in hulle kleisake ondernemings en is altyd oop daarvoor om te luister na wat die mark verlang sonder om kwaliteit in te boet.

In die vroë negentigs het die verwerkte vleis bedryf begin fokus op baie goedkoop massaproduksie van produkte soos weense worsies en russiese worsies. Theron`s Vleisprodukte se uitvoerende bestuur het besluit om nie die mark te betree nie, maar eerder te fokus op die gehalte wat hulle maatskappy van ander onderskei.

Met die insinking in die wêreld ekonomie het die kleinsake ondernemings toenemend druk geplaas vir `n nog groter besparing op veral russiese worsies. Die Maatskappy het gehoor gegee aan die pleidooi en deeglike navorsing gedoen om uit te vind of daar beter vervaardigingsmetodes is om `n besparing te kan deurgee. In retrospeksie het die hoop beskaam dat daar `n besparing sal wees, sonder om kwaliteit in te boet. Niemand was meer verras as Mnr Dawie Theron met die resultaat nie. Deur gebruik te maak van nuwe tegnologies gevorderde gaarmaak metodes en die vermindering van produksietyd kon Theron`s `n nuwe produk aan die mark bekendstel. Deur gehoor te gee aan kleinsake ondernemings se pleidooie is `n nuwe gespesialiseerde produklyn bekend gestel nl; MNANADI russiese worsies.

MNANDI beteken LEKKER!

Hierdie produk is met ope arms en groot entoesiasme deur klein sakeondernemings en die publiek verwelkom en daar word reeds flink sake gedoen.

Theron`s Vleisprodukte is `n maatskappy wat in voeling bly met wat Jan publiek maak tiek!

Talle nuwe klein, mikro- en medium ondernemings in die kosbedryf maak gebruik van besparings wat op `n weeklike basis deurgegee word na die fabriekswinkel se klante. Verskeie ander produkte soos braai ribbetjie, hoender, en mark verwante produkte soos  aartappel skyfies is teen WARE FABRIEKSPRYSE aan Jan Publiek beskikbaar.

 

Theron`s Vleisprodukte dra gewis by tot `n beter leefstyl as dit kom by voedselprys besparings en die groei van kleinsake ondernemings in die gemeenskap!

 

Mnr Theron se besluit om Theron`s Vleisprodukte beskikbaar te stel teen WARE FABRIEKSPRYSE in 1995 het die weg gebaan vir maatskaplike ekonomiese ontwikkeling en ondernemingsontwikkeling wat daarop gemik is om werklik ‘n verskil te maak in die samelewing en om veral entrepeneurskap op plaaslike vlak te bevorder.

error: Content is protected !!