Theron`s Frankfurters
Theron`s se Frankfurters word nog op die tradisionele manier vervaardig. Grofgemaalde varkvleis word gesout en gegeur met speserye, gaargestoom en dan gerook tot `n goudbruin kleur verklap die produk is gereed. Theron`s se frankfurters is, soos alle worsies in ons produkreeks, REEDS GAAR, en moet verkieslik met droë hitte warmgemaak word, deur dit in `n voorafverhitte oond te plaas teen 180 grade Celcius vir 10 minute.
Dit kan ook in water warmgemaak word deur dit direk in kookwater te plaas vir nie langer as 3 tot 5 minute nie. Tradisioneel word die geurige worsie bedien met brood, kapokaartappels of aartappelslaai en afgerond met mosterd sous.
Theron`s se Frankfurters kom in 1kg, 2kg en 5kg verpakkings voor en die groottes beskikbaar is Catering ( 6 duim) en Jumbo ( 9 duim).