Theron’s Boerewors
Min verbruikers weet dat Boerewors se kwaliteit reeds sedert 1972 deur wetgewing gereguleer word. Theron`s se boerewors voldoen 100% aan die streng regulasie en bestaan uit meer as 90% SUIWER VLEIS!
WETGEWING WAT BOEREWORS REGULEER –
Opgedateerde Regulasie 2718 van 20 November 1990 spesifiseer dat:
- Die totale vleisinhoud van boerewors, `n MINIMUM van 90% moet wees.
- Die vleisinhoud word verder gespesifiseer as gemaalde vleis van of `n bees of vark of skaap, selfs wildsvleis of `n mengsel van enige twee.
- Daar mag van geen protein vervangers gebruik gemaak word soos bv soja produkte, aartappels stysels of meganies verpulpte vleis nie.
- Die vet inhoud mag nie 30% oorskry nie.