Theron`s Bockwurst - Therons Vleisprodukte

Theron`s Bockwurst

Theron`s se Bockwurst word vervaardig van 100% suiwer gemaalde beesvleis. Bockwurst het sy oorsprong in Duitsland en is vir die eerste keer gemaak deur die Restaurant eienaar: R Scholtz van Berlyn. Bockwurst word tradisioneel gemaak van gemengde kalfs- en varkvleis. Die worsiemengsel word gegeur met sout, witpeper en paprieka, daarna gaargestoom en afgerond deur dit te houtrook vir kleur, geur en `n langer raklewe.

By Theron`s Vleisprodukte vervaardig ons Bockwurst van 100% suiwer gemaalde beesvleis en voeg ons sout en kwaliteit kruie en speserye by om `n unieke geur te verleen. Die Bockwurst word gestoom en gaan deur `n tradisionele houtrook proses vir ekstra kleur, geur en `n verlengde raklewe. Theron`s stop die Bockwurst in `n kollageenderm vir fermheid en om hantering met die maak van warmbrakke te vergemaklik.

Daar moet in ag geneem word, dat al Theron`s se worsies REEDS GAAR is. Theron`s worsies moet nie vir lang tye in water gekook word nie. Verlengde kook in water sal veroorsaak dat die derm oopbars en die worsie al sy geur in die kookwater verloor. Gebruik verkieslik droë hitte vir warmmaak, deur die worsies in `n voorafverhitte oond te plaas teen 180 grade Celcius vir +/-10 minute. Worsies kan wel warmgemaak word, deur dit direk in kookwater te plaas vir nie langer as 3 tot 5 minute nie.

Theron`s vervaardig twee soorte Bockwurst: Gewone Bockwurst en Kaas Bockwurst, (deur gebruik te maak van suiwer beleë Cheddar Kaas) . Theron`s Bockwurst is beskikbaar in 9duim en 12 duim groottes en word verpak in 1kg, 2kg en 5kg verpakkings.

error: Content is protected !!