Theron`s Bestelbeleid
Vir u gerief word ons maatskappy se bestelbeleid voorts uiteengesit:
Belangrike faktore met betrekking tot die plaas van bestellings by Theron`s Vleiprodukte
- Theron`s Vleisprodukte se produksie werk op `n 24 uur basis om te verseker dat u; ons gewaardeerde kliënt, produkte van hoogstaande gehalte en varsheid met u aflewering ontvang.
- Theron`s Vleisprodukte bly `n vervaardigings aanleg, en doen derhalwe nie aflewerings vir huishoudings of persone in hul privaat hoedanigheid nie.
- Groot en Kleinhandelbesighede, moet bestellings telefonies plaas, voor 14h00 smiddae en nie minder as 1 dag voor aflewering nie
- Geen e-pos of faks bestellings word aanvaar nie.
- Ons as Maatskappy sien direkte kommunikasie met ons kliënte as `n belegging in goeie dienslewering. Ons wil graag direk met u; ons gewaardeerde kliënt kontak hê, om sodoende te verseker dat u bestelling korrek geneem, uitgevoer en afgelewer word
- Spesiale bestellings of bestellings waarvan die totale gewig `n 100kg oorskry, moet asb 2 dae voor die aflewerings datum geplaas word, nie later as 11h00 in die oggend nie.
- Ongelukkig kan geen aflewering op dieselfde dag van bestelling plaasvind nie.
- `n Vyf uur vooraf plasingstyd is geldig vir Besighede wat bestellings direk by die fabriekswinkel afhaal. Maak asb seker dat daar beskikbare voorraad is, alvôrens u vertrek vir afhaal van groot hoeveelhede van produkte by die fabriekswinkel. Die fabriekswinkel is nie ingerig om as versending te dien nie.
- Marietjie Nienaber, Madelein Pretorius en Angelique Minders is ons vriendelike skakelbord dames wat u bestelling sal neem
- Ons sien uit daarna om u tot diens te wees