Terme en voorwaardes vir direkte aflewerings by Theron`s klante - Therons Vleisprodukte

Terme en voorwaardes vir direkte aflewerings by Theron`s klante

Neem assseblief kennis dat Aanlynbestellings 24 uur beskikbaar is. Daar is egter wel `n bestel, betaal en aflewering siklus wat gevolg word.

  • Die afsny tyd vir aanlynbestellings is elke week op n Woensdag om 15h00. Dit gee die administrasie personeel `n geleentheid om vir u `n faktuur te skep en na u te whatsapp of e-pos vir betaling.  Maak dus seker dat u wel u selfoonnommer en e-pos adres korrek op die aanlynvorm ingevul het.
  • Die administratiewe afdeling bly in kontak met u en hou u op hoogte van die aflewering.
  • Nadat ons u bestelling elektronies ontvang het, sal u bestelling gegenereer word en die produkte sal gefaktureer word. `n Klant kode word aan u toegeken. Die kode begin met  `n X . Hierdie kode moet te alle tye as verwysingsnommer gebruik word. Ons vriendelike administrasie dames sal vir u `n faktuur e-pos of per WhatsApp stuur. U gebruik die klant kode wat met `n X begin as verwysing op die bankbetaling.  Slegs direkte bank inbetalings sal as betaalbewys aanvaar word.
  • Theron`s begin u bestelling vervaardig nadat betaling geverifieer is.
  • Hierdie aanlynbesteldiens is slegs beskikbaar vir privaat individue en geld slegs vir aflewerings by privaat huise. Besighede moet steeds inbel vir hulle bestellings en inval by die normale aflewerings roetes.
  • `n Minimum bestelling van  R300 in waarde word vereis voor aflewering oorweeg sal word.
  • Aflewerings koste van R50 per privaat individu.
  • Die area waar afgelewer word en toegang tot die woning moet te alle tye toegangklik wees vir Theron`s se afleweringsvoertuig.
  • Indien geen toegang tot die afleweringsadres verkry kan word nie, sal die bestelling terug geneem word na die fabriek en berus die onus dan op die klant om die produkte by Theron’s se fabrieksperseel te 185 Charlotte Maxeke straat Pretoria Wes 0183 te kom afhaal.
  • Geen gelde of betalings sal gekrediteer word indien die klant nie beskikbaar was om die produkte tydens aflewering in ontvangs te neem nie.
  • Klante word gemaan om elke produk te inspekteer en om dit dienooreenkomstig op die faktuur af te merk as ontvang in goeie orde. Wanneer die klant die faktuur afteken, aanvaar hy/sy dat alles in orde is.
  • Enige terugbetalings op produkte wat deur die klant teruggestuur word nadat die faktuur afgeteken is en die afleweringsvoertuig u huis verlaat het, sal verbeur word.
  • Geen kontant sal by aflewering aanvaar word nie.
  • R 50 kansellasie fooie sal geld wanneer u bestelling reeds verwerk en verpak is.

Aflewerings grense

Noord tot by en insluitend
Pretoria-Noord, Akasia, Amandasig, Karenpark, Doornpoort, Annlin, Wonderboom, Magaliespark, Montana Park, Sinoville

Oos tot by en insluitend
Arcadia, Sunnyside, Hatfield, Brooklyn, Groenkloof, Menlopark, Lynnwood, Menlyn, Garsfontein, Faerie Glen, Woodhill, Mooikloof en Silver Lakes, Elarduspark, Pierre van Rhyneveld, Olympys, Moreletapar.

Suid tot by en insluitend
Voortrekkerhoogte, Valhalla, Lyttleton, Zwartkop, Eldoraigne, Wierdapark, The Reeds, Rooihuiskraal, Centurion, Midstream en Irene.

Wes tot by en insluitend
Pretoria-Wes, Wespark, Kwaggasrand, Danville, Booysens, Eloffsdal, Hermanstad, Claremont, Mayville, Mountain View, Suiderberg, Andeon.

Sentraal tot by en insluitend
Moot area, Gezina, Rietfontein, Riviera, Villieria, Waverley, Môregloed, Queenswood, Kilnerpark, Wonderboom Suid, East Lynne, Silverton, Meyerspark, Murryfield, La Montange, Val de Grace.

error: Content is protected !!