Sjokolade & Karamel Varkspek Plesier
Voorwoord
Wie sou kon dink dat varkspek omtower kan word in 5-Ster “haute cuisine” deur dit te paar met fluweelagtige karamel of dekadente sjokolade?
Hierdie resep is nie net interessant nie, dit sal jou smaakkliere kielie en al jou gaste beïndruk!
Sjokolade & Karamel Varkspek Plesier
Lewer 6 porsies
Bestandele
- 6 repies Theron`s Strepie Varspek (Dik gesny)
- 3 eetlepels donker “trickle” bruinsuiker
- `n Knippie Kaneel
- 1/2 koppie gesmelte sjokolade (Ek gebruik gehalte baksjokolade)
- 1/2 teelepel gekneusde rooi peper vlokkies (slegs as jy van skerp speserye hou)
- 1/2 teelepel growwe seesout
- 1/4 koppie caramel sous
Voorbereiding
Voorverhit die oond tot 180 grade Celsius.

Gebruik `n stewige bakplaat en bedek dit met bakpapier, die gladde kant na onder.
Neem `n vlakkerige mengbak en meng die volgende bestandele saam:
Die donker “trickle” bruinsuiker en die knypie kaneel.
Rol elke repie spek in die mengsel tot dit deeglik bedek is en plaas dit netjies gespasieer op die bakplaat.
Plaas die bakplaat met die varkspek in die oond en bak vir om en by 25 minute.
Die Varkspek moet lekker “crispy” wees en die suiker moes teen die tyd `n suikerskulp om die varkspek (bacon,) gevorm het.
Verwyder uit die oond en laat behoorlik afkoel op `n droograk.
Wanneer die versuikerde varkspek deeglik afgekoel is, kan u 4 strepies varkspek in die warm sjokolade doop. Bedek driekwart van die oppervlakte.
Plaas op bakpapier en sprinkel rooi pepervlokkies oor twee repies spek en growwe seesout oor die ander twee repies spek.
Neem die oorblywende 2 repies varkspek en doop in die karamelsous.
Laat die karamelsous toe om te stol en besprinkel met neute indien jy lus is vir afwisseling.
Krediet vir die resep gaan aan:
The base recipe for chocolate-covered candied bacon by Brandy O’Neill.
Opgespoor op die sheknows.com forum.