Keuringsprosedure en aansoeke
Baie dankie dat U Theron`s Vleisprodukte oorweeg as `n Maatskappy waar u `n loopbaan wil bou.
Neem asb kennis dat ons trots Afrikaans is, en graag alle kommunikasie en aansoek prosesse in Afrikaans beskikbaar wil stel.
Die keurings sagteware waarvan ons gebruik maak om die aanlyn aansoekproses, so flink en akkuraat moontlik af te handel, is ongelukkig slegs in Engels beskikbaar.
Die aansoekproses volg dus in Engels.
Neem asseblief deeglik kennis van die keuringsprosedure vir poste by Theron`s Vleisprodukte
Die volgende dokumente moet u aansoek vergesel:
Gewaarmerkte kopieë van u :
- Identiteitsdokument
- Gewaarmerkte kopieë van alle kwalifikasies SOWEL AS U MATRIEKSERTIFIKAAT
- `n Huidige geldige werkspermit indien u nie `n Suid-Afrikaanse burger is nie
- Gewaarmerkte kopieë van u laaste drie salarisstrokies
Die keuringsproses behels die volgende:
- Nagaan en keuring van ingevulde vraelyste en kwalifikasie en besoldigingsdokumente
- `n Telefoon onderhoud, voor geskeduleerde onderhoud
- `n Persoonlike onderhoud, wat opgevolg word deur :
- `n Moontlike tweede onderhoud en skryf van `n graderingstoets.
(Laat asb twee ure vir die proses toe) - Krediet en kriminele rekord naspeuring
- Poligraaftoets indien U `n kandidaat op die kortlys is. ( Kostes is vir U rekening en is betaalbaar om in Theron`s se bankrekening te reflekteer 48 uur voor aanvangs van die onderhoud) Word slegs verlang indien Theron`s vir u `n werksaanbod wil maak.
- `n Moontlike tweede onderhoud en skryf van `n graderingstoets.