Franse Roosterbrood met Theron`s Flair - Therons

Franse Roosterbrood met Theron`s Flair

Bestandele vir die Franse Roosterbrood

  • 500gr Theron`s Rugspek
  • 4 Geklitste eiers ( Organies )
  • 4 snye Gesondheidsbrood
  • 4 Eetlepels Olyfolie

 Garnering

200gr Aarbeie in blokkies gesny & Heuning

Metode

  • Haal die rugspek uit die vrieskas, en ontdooi vir 5 min in mikrogolfoond.

     Franse Roosterbrood met Theron`s Flair

  • Die rugspek moet nog half gevries wees, sodoende is dit makliker om die rugspek in blokkies te sny. Ontdooi die spek verder, en vlok die blokkies.
  • Meng die los blokkies rugspek in die geklitste eier in.
  • Doop en rol die broodjie in die eiermengsel.
  • Verhit `n pan met 1 eetlepel olie.
  • Braai elke broodjie in 1 eetlepel olie in pan, tot gaar.
  • Garneer met arbeie in blokkies gesny, en met heuning bedrup.

 Kalorie uiteensetting:

  • 1 Porsie:
  • 1 sny brood = 218 ( 100gr )
  • 125gr Rugspek = 214
  • 1 eier = 179
  • 50gr Aarbeie =  13
  • 1 eetlepel olyfolie = 40
  • 5ml heuning = 12.5
error: Content is protected !!