Ware Fabriekswinkel Pryse direk aan U Jan Publiek!

Fabriekswinkel

 


Theron`s se Dekadente Houtgerookte “Belly snit”

Braai-ribbetjies

 

Verkoop tans @ slegs
R79-00 btw ingesluit

Pryse geldig tot 14 Februarie 2018.


Gevriesde AARTAPPELSKYFIES

Theron`s bied SUPERIEURE kwaliteit gevriesde AARTAPPELSKYFIES aan @ slegs R16-00 vir 700 gram BTW ingesluit. Ingevoer uit België en `n smul-lekker pasmaat vir vele geregte!

Pryse geldig tot 14 Februarie 2018.


Theron`s Vleisprodukte bied KWALITEIT verwerkte vleisprodukte @ WARE FABRIEKSPRYSE DIREK aan U Jan Publiek!

Theron`s Vleis is beslis die IN-PLEK om te wees vir die GELDSLIM verbruiker!

Sedert 1995 is lede van die publiek welkom om DIREK AAN TE KOOP by Theron`s Vleisprodukte se landmerk fabriekswinkel naby die Pretoria Skougronde.

By die fabriekswinkel kan `n mens nog `n braaibederfie, kosblik snoepgoed en benodighede vir gehalte etes aankoop teen GAWE pryse!

Hier vind jou vuisvoos verbruikerslyf rus ,en die personeel se flink en vriendelike diens,
dien as welkome lafenis vir die mismoedige siel.

Theron`s dra gewis by tot `n beter leefstyl as dit kom by voedselprys besparings, en is  ALOMBEKEND in Pretoria vir tradisioneel houtgerookte produkte soos: murgsagte braairibbetjies, dekadente Kassler tjoppies, sowel as `n reeks wors produkte wat Theron`s se beroemde Boerewors, Russiese worsies, Bockwurst, Bacon worsies en Weense worsies insluit.

Om ons besigheid met integriteit te bestuur en persoonlike diens aan u; ons gewaardeerde klant te lewer , is ons absolute fokus ! Kom loer gerus in by ons fabriekswinkel vir; UITSONDERLIKE DIENS, KWALITEIT EN KOSTEBESPARINGS!

Winkel-ure : Maandag tot Vrydag 07h00 tot 17h00 Saterdae 08h00 tot 13h00

 

error: Content is protected !!