Vleisprodukte van Theron's

Theron’s Vleisprodukte

Theron`s Vleisprodukte bied KWALITEIT verwerkte vleisprodukte @ WARE FABRIEKSPRYSE

DIREK aan U Jan Publiek!

Theron`s Vleisprodukte is al sedert 1983 `n alombekende , goedgevestigde vleisverwerkings fabriek in Pretoria Wes, wat spesialiseer in die verwerking van kwalitiet vleis en verwante produkte.

Theron`s Vleisprodukte lewer Kwalitiet Produkte @ WARE fabriekspryse aan
Groothandel en kleinhandel besighede. Sedert 1995 is selfs lede van die publiek welkom om teen groothandel pryse, Theron`s se gewilde reeks produkte aan te koop, by hul landmerk fabriekswinkel naby die Pretoria Skougronde.

Theron`s Vleisprodukte is bekend vir tradisioneel houtgerookte produkte soos: murgsagte braairibbetjies, dekadente Kassler tjoppies, sowel as `n reeks wors produkte wat Theron`s se beroemde Boerewors, Russiese worsies, Bockwurst, Bacon worsies en Weense worsies insluit. By Theron`s kan jy met vertroue 100% Suiwer Beesvleis Hamburger patties en `n reeks gehalte koue vleise aankoop.

Theron`s VleisprodukteBy Theron`s Vleisprodukte is die fokus om alle produkte met integriteit en volgens streng voedsel higiëne standaarde te vervaardig. Ons nuwe vleisverwerkingsaanleg spog met die nuutste toerusting en tegnologie, om ons belofte van uitsonderlike kwaliteit en higiëne in die vervaardigingsproses te huldig.

Theron`s Vleis is beslis die IN-PLEK om te wees vir die GELDSLIM verbruiker!
Hier kan `n mens nog `n braaibederfie, kosblik snoepgoed en benodighede vir gehalte etes aankoop teen GAWE pryse! Hier vind jou vuisvoos verbruikerslyf rus ,en die personeel se flink en vriendelike diens, dien as welkome lafenis vir die mismoedige siel. Theron`s dra gewis by tot `n beter leefstyl as dit kom by voedselprys besparings.

Om ons besigheid met integriteit te bestuur en persoonlike diens aan u; ons gewaardeerde kliënt te lewer , is ons absolute fokus !

Kom loer gerus in by ons fabriekswinkel, VIR UITSONDERLIKE DIENS, KWALITEIT EN KOSTEBESPARINGS!

Kontak ons gerus vir navrae en persoonlike diens, deur ons te skakel of ons kliëntediens kontakvorm aanlyn in te vul.

Theron`s se Groot-en kleinhandelverspreidingsgebied val binne `n 150km radius in en om Pretoria, en word in die laeveld versprei deur `n verspreidingsagent in Nelspruit.

Winkel-ure : Maandag tot Vrydag 07h00 tot 17h00 en Saterdae 08h00 tot 13h00

error: Content is protected !!